Oor bokdrolletjies en rosyntjies

  • Author: Jonathan Jansen
  • ISBN: 9781920434175
  • Publication date: 2 May 2011
  • Recommended retail price: R210.00
  • 248 pages, softcover, B format (198 x 129mm)

 

Toe Prof. Jonathan Jansen ‘n kind was, het sy ma ‘n spreekwoord gehad wat hom bygebly het: “My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies, al lyk dit baie dieselfde. Moet nooit die twee deurmekaar kry nie.”

 

 

Dis dan ook wat hy voortdurend in sy rubrieke doen wat die afgelope jare so gewild geword het in die Afrikaanse koerante: hy skei die kaf en die korrels op ‘n onderhoudende manier. Hy glo nie daaraan om te maak of iets reg is as dit verkeerd is nie. Hy glo nie in toesmeerdery nie. Hy glo daarin om goed reguit te sê, soos dit is. Prof. Jansen het al naam gemaak in die land, en nie alleen weens die Reitz-vier nie. Hy het die slag om die groot vraagstukke van ons land – menswees, ras, politiek, godsdiens, saamleef al is dit moeilik - uit ‘n gewone persoon se oogpunt te bekyk, met ‘n sin vir humor maar ook met deernis. Gevra oor die sukses van sy omstrede rubrieke, sê hy: “Man, mens moet altyd minstens die helfte van jou lesers die duiwel in maak – dit moet net nooit dieselfde helfte wees nie.” Dis ’n boek wat mens om die braaiplek, in die klaskamer of op die bus aan die dink en aan die praat sal sit.

All the royalties from this book will go to the No Student Hungry campaign at the University of the Free State.

Die lesers sê:

Hi my liewe prof, jis dis 'n nice boek wat prof geskryf het, ek het vandag een gekry vir my bday. Net 1 vragie, hoe kry ek dan nou 1 wat nie geteken is nie? Ai man! En hier sit ek, 'n wit Afrikaner meisie 'in your corner'! Jansen vir president! Berna

 

More about the Author

Buy Off the Web

Find me on Exclusive Books Find me on Takealot Find me on Loot Find me on Amazon

Buy Our Books