Soetgoed

  • Author: Marlene van der Westhuizen
  • ISBN: 9780798156066
  • Publication date: 1 September 2011
  • Recommended retail price: R160.00
  • 160 pages, softcover, 173 x 153mm, Co-published with Human & Rousseau

Marlene van der Westhuizen, bekroonde kosskrywer en chef, het ons reeds in Kuierkos vir die middag en Kuierkos vir die aand bederf met resepte van haar gunsteling-geregte. Maar, soos dit 'n verstandige kok betaam, het sy die lekkerste vir laaste gehou.  Met Soetgoed neem Marlene ons op 'n smaaklike reis deur haar gunsteling-resepte vir liplekker nageregte  -  van spesiale sjokoladefondant tot saffraanpere en eksotiese kersiesorbet met crème de cassis. Vol asemrowende foto's en nagereg-idees voer Soetgoed jou en jou gaste mee na idilliese heuwels in Frankryk of na die strande van die skoonste Kaap met die perfekte toegif by elke maal.

More about the Author

Buy Off the Web

Find me on Find me on Find me on

Buy Our Books