Oorvloed

  • Stadskos van die Kaap
  • Author: Marlene van der Westhuizen , Johan Wilke
  • ISBN: 9780798155410
  • Publication date: 15 September 2012
  • Recommended retail price: R335.00
  • Softcover with flaps, landscape, full colour photographs, 210 x 280 mm

In Marlene van der Westhuizen's latest cookbook she shares the abundance of living simply in her hometown of Cape Town. With all the elegance of her French cookbooks, Delectable and Sumptuous, Abundance sets the standard for easy city living with flair and style. All new recipes are showcased amongst photographs of Marlene's Cape Town - her favourite walks, her favourite shops and of course the restaurants that inspire. Some say this is her best book yet, you be the judge. 

Hierdie oorvloedige stadjie wat so gulsig aan die kant van Tafelberg klou en sy wulpse geure en kleure so mildelik aan ons bied, het nog altyd met ‘n effe hees stem na my geroep. En ek het gehoor. Ons het vroeg in ons getroude lewe in ‘n lamlendige ou Victoriaanse huis teen Seinheuwel ingetrek en begin om aan ‘n lewe en ‘n tuiste te bou in hierdie mooiste van stede met sy smal strate en half vergete stegies. 
Hier waar mens baie naby leef aan die broeiende sandsteenmonoliet wat ons Tafelberg noem. Waar mens gedurig bewus is van die ryk verskeidenheid fynbos en ander flora al woon jy in ‘n stad. Die stormsee wat soms sy loodgrys branders teen die fyn spierwit poeiersand-strande in skuimerige golwe uitstort.  Die enorme swart rotse. Die tierende Suidoos wat 'n dik, wit wolkkombers oor die berg stoot en mens met 'n salige stilte laat as hy gaan lê. So saam met die sjampanje kleur lug en 'n kalm diepgroen see.
Daar is niks gematig aan Kaapstad nie.
In hierdie heerlike stad - wat gaan aansit vir ‘n vrolike maaltyd net wanneer sy wil – waar ons seunskind sy eerste tranerige haarsny by Theo die barbier in Seepunt moes verduur,  sy eerste stomende sjokolademelk in Giovanni’s  en ‘n hele paar jaar later die eerste van vele biere by Pizzeria Neopolitana in Seepunt gedrink het. Salige herinneringe.
Met hierdie boek wil ek jou graag uitnooi na die bekende dele van Kaapstad wat ek aan dink as ek huistoe verlang. Van Seepunt tot De Waterkant en die Bo-Kaap. Ons swaai met 'n lekker wye Kaapse draai deur Breë-, Loop- en Langstrate. Kom kyk saam met my na die alternatiewe kunstige hart van die stad in Woodstock en rol saam met my ‘n vurk deur ‘n bak vars pasta in Observatory.
En vroeg op 'n Saterdagoggend draf ons dalk saam deur die varsprodukte-mark in Albertweg en geniet die geroesemoes met 'n glas vonkelwyn in die hand en 'n bordvol heerlike Weskus-oesters.
Dan ‘n vinnige kuier in ‘n vriendin se huis voor ons stadig met sononder deur die klam misbank wat van die see aanrol gaan stap op die Seepunt promenade.
En kom sit by ons tafel en deel in die geregte wat ek so geniet om te maak. ‘n Dik eendsop, Pam se vispastei, lam en dadel bredie, eendbors met swartbessies, beestong in witwyn sous, St George’s hoender en varkfillet serranitos.
Al die deel ek graag met julle. ‘n Leeftyd gevul met bokale wyn en vriendskap.
Hier in ons mooiste stad.

Marlene van der Westhuizen

More about the Author

Download from the Web

Buy Our Books