Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar dié stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter. Jansen het elke dag ’n “brief aan sy kinders” geskryf, ’n klein stukkie lewenswysheid oor enigiets van die liefde tot menswees. In hierdie stukkies wys Jansen hoekom hy Suid-Afrika se morele barometer geword het. Hierdie bundel van outydse raad, geskryf in ’n 21ste eeuse formaat, sal aanklank vind by oud en jonk.
Briewe aan my kinders

- Twiets wat jou laat dink
- Author:
- ISBN: 978-0-624-05278-4
- Publication date: 9 March 2012
- Recommended retail price: R135.00
- 200 pages, softcover, 172 x 129mm